Verswakking in Suid-Afrikaanse rand was verwag

Die verswakking van die Suid-Afrikaanse rand teen die Amerikaanse dollar plaas verdere druk op huishoudings in beide die buurland en plaaslik. Die geldeenheid het Vrydag teen 16.40 teen die Amerikaanse doller verhandel, die swakste sedert Oktober 2020. Maar, die bekende beleggingsekonoom, Dawie Klopper, sê dit was te verwagte.