Versteekte selfoon lei tot verkragtingklag
Die Rehoboth-polisie het ‘n saak van verkragting teen ‘n gevangene gemaak na ‘n 23-jarige verhoorafwagtende man ‘n mede-gevangene gedreig het om ‘n selfoon in sy rektum weg te steek terwyl die selle deursoek was. Daar word verder beweer dat tydens die deursoeking die slagoffer die owerhede ingelig het oor die selfoon en dit toe gekonfiskeer was. Die polisie sê sy ondersoek duur voort.