Verstappen wen Grand Prix in Saoedi-Arabië

Motorsport: Max Verstappen het die Grand Prix in Saoedi-Arabië gewen, met Sergio Perez tweede om Red Bull se perfekte begin van die seisoen voor te sit. Charles Leclerc se Ferrari was derde, met die Britse tiener, Oliver Bearman in ‘n merkwaardige sewende plek in sy debuut vir Ferrari, as ‘n laat plaasvervanger vir die siek Carlos Sainz. Ná ‘n seisoens-opening-oorwinning in Bahrain verlede Saterdag het die verdedigende drie-malige wêreldkampioen ‘n negende agtereenvolgende oorwinning gevier én sy 100ste plek op die podium in sy loopbaan. Oscar Piastri van McLaren was vierde, voor Fernando Alonso se Aston Martin.