Verstappen weer eerste in Las Vegas

Die wêreldkampioen Max Verstappen het vanoggend die 18de oorwinning van die seisoen, waarin hy verskeie rekords verbeter het, ingepalm met ‘n opwindende triomf in die Las Vegas Grand Prix. Charles Leclerc van Ferrari het Sergio Perez van Red Bull in die laaste ronde verbygesteek en die tweede plek voor die Meksikaan weggeraap. Die Mercedes-span, Lewis Hamilton en George Russel was onderskeidelik sewende en agste.