Verstappen vat hom weer, sê seisoen was spesiaal

Max Verstappen van Red Bull het die seisoen se laaste Grand Prix in Abu Dhabi gebuit en spog vanjaar met ʼn rekord 19 seges uit 22 wedrenne. Sy spanmaat Sergio Perez was tweede, maar is na die vierde plek afgeskuif weens ʼn boete van vyf sekondes nadat hy ʼn botsing met Lando Norris van McLaren veroorsaak het. Dit het Charles Leclerc van Ferrari na die tweede plek gepromoveer met George Russell van Mercedes derde. Dit het die Silver Arrows gehelp om tweede in die Vervaardigerskampioenskap te eindig. Verstappen sê dit was ʼn baie spesiale seisoen: