Verstappen uiteindelik weer in voorste wegspringplek

Motorsport: Max Verstappen het die voorste wegspringplek oortuigend ingepalm vir vandag se snelren by die Amerikaanse Grand Prix na ‘n vinnige kwalifiserende sessie Vrydag. Dit is die eerste keer in twaalf byeenkomste sedert Mei dat die driemalige wêreldkampioen dit weer kon regkry. George Russell van Mercedes spring tweede weg, met Charles Leclerc in die derde plek vir Ferrari. Lando Norris van McLaren, wat 52 punte agter Verstappen is in die kampioenskap, is vierde, voor Carlos Sainz van Ferrari.