Verstappen spring weer eerste weg

Oor na motorsport. Max Verstappen het dit weer reggekry.  Die Formule een wêreldkampioen spring voor weg in môre se Australiese Grand Prix. Die Nederlander in sy Red Bull was die tweede vinnigste in die finale oefensessie, maar alles het in die kwalifiseringsrondes in plek geval en hy het vir die derde agtereenvolgende wedren dié seisoen, die voorste wegspringplek verseker. Carlos Sainz in sy Ferrari spring tweede weg, en Verstappen se spanmaat, Sergio Pérez sal vanuit die derde posisie wegspring. Lewis Hamilton in sy Mercedes kon nie die finale kwalifiseringronde haal nie en spring  in die elfde plek weg.