Verstappen sien uit na nuwe F1-seisoen

Die nuwe Formule Een-seisoen kom môre in Bahrein aan die gang, waar die motors tot Vrydag getoets sal word. Red Bull het die vorige seisoen oorheers, met die Nederlandse jaer Max Verstappen wat maklik sy derde agtereenvolgende bestuurderskampioenskap ingepalm het. Hy het ‘n rekord 19 uit 22 wedrenne gewen, en sy span het weggestap met sy sesde vervaardigerskampioenskap. Die Bahreinse Grand Prix vind volgende naweek plaas, en Verstappen hoop vir nog ‘n goeie seisoen: