Verstappen met 10 plekke op wegspring beboet
Na ‘n uitstekende begin met vanjaar se Formule Een-seisoen, het die Nederlander en heersende wêreldkampioen, Max Verstappen, menigmaal die wind van voor gekry. Hy is nou met tien plekke op die wegspringrooster gestraf by hierdie naweek se Belgiese Grand Prix, nadat hy sy enjin omgeruil het. Red Bull het ‘n vyfde binnebrandenjin vir Verstappen se motor gehad benewens die toegelate vier per seisoen. Hierdie verandering lei tot ‘n straf op die wegspringrooster, soos die reëls bepaal.