Verstappen kan F1-rekord vanmiddag breek
Max Verstappen van Red Bull kan vanmiddag ‘n Formule-1-rekord by die Belgiese Grand Prix oortref. Verstappen en Fernando Alonso, wat vir Aston Martin jaag, is saam die voorlopers vir die meeste oorwinnings van verskillende wegspringplekke. Die twee wêreldkampioene het van nege verskillende posisies af oorwinnings behaal. Verstappen het die vinnigste kwalifiserende tyd in België opgestel, maar kan nie voor wegspring nie, want hy is met tien plekke gepenaliseer vir die gebruik van ‘n vyfde enjin dié seisoen. Die Nederlander spring dus vanmiddag in die elfde plek weg.