Verstappen doen dit weer

Red Bull-renjaer Max Verstappen het van begin tot einde oorheers toe hy die Brasiliaanse Grand Prix gewen het met ʼn rekord- 17de oorwinning van die seisoen. Lando Norris van McLaren wat Verstappen se naaste teenstander was, was tweede. Fernando Alonso van Aston Martin kon voor die Red Bull-bestuurder Sergio Perez bly om die derde plek op die podium te kry. Mercedes het hulle swakste wedren van die seisoen beleef met Lewis Hamilton wat agste geëindig het terwyl George Russell moes opgee terwyl hy in die elfde plek was. Verstappen sê hy het die wedren geniet: