Verstappen bly by Red Bull 

Die driemalige wêreldkampioen Max Verstappen het uiteindelik bevestig dat hy volgende seisoen vir Red Bull gaan jaag. Mercedes het voelers na die 26-jarige Nederlander uitgesteek ten spyte van sy kontrak met Red Bull wat eers einde 2028 verstryk, en sy huidige motor wat hierdie seisoen sewe uit tien wedrenne gewen het. Verstappen het by ʼn nuuskonferensie voor die Oostenrykse Grand Prix gesê hy werk saam met die Red Bull-span en fokus daarop om volgende jaar weer mededingend te wees.