Verspring-aanpassings: ‘n Aprilgek-grap?

Die voormalige Olimpiese kampioen Carl Lewis beskryf die voorgestelde formaatverandering aan verspring as ‘n Aprilgek-grap. Die uitvoerende hoof van Wêreldatletiek, Jon Ridgeon, stel voor die afspringbord moet vervang word met ‘n afspringsone, wat sal wegdoen met spronge wat gediskwalifiseer word weens oortrap. Spronge sal dan net gemeet word van waar die atlete vastrap tot waar hulle in die put land. Lewis, wat spog met nege Olimpiese medlajes, sê verspring is die moeilikste item en die verandering sal die spesiale vaardigheid wat dit vereis, uitskakel.