Versoek dat Gautengse skole vroeër moet sluit

Die Gautengse departement van onderwys moet oorweeg om skole vroeër te sluit te midde van die vierde Covid-vlaag. Dit is die mening van die onderwysaktivis, Hendrick Makaneta. Gauteng het die afgelope tyd ‘n skerp styging beleef wat aangevuur word deur die nuwe Omikron-variant. Makaneta sê ‘n vroeë sluiting sal die kwesbare onderwysers en ondersteuningspersoneel tydens die vierde vlaag beskerm.