Verslagting van beeste, skape neem toe – vir hoe lank?

Die aantal beeste wat geslag is, het aansienlik toegeneem van 8 103 in Januarie tot ‘n hoogtepunt van 15 976 in April. Skaapslagting het ook van 12 836 in Januarie tot 16 699 in April gestyg. Die aantal bokke wat geslag is, het minimaal gebly met slegs 6 wat in April geslag is, terwyl varkslag relatief stabiel gebly het. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die landboukenner Wallie Roux oor hoe lank die toename in slagting na verwagting sal duur.