Verskeie SA partye onderteken verklaring van voorneme

Die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, sê verskeie politieke partye het na die verkiesing ‘n verklaring van voorneme onderteken. Maar partye wat weier om deel van die regering van nasionale eenheid te wees, is voorstanders van ‘n groot koalisie. Mbalula het na die eerste sitting van die nuwe Nasionale Raad van Provinsies in Kaapstad gepraat. Hy sê die ANC is nie ten gunste van ‘n veelparty koalisie nie.