Verskeie inwoners van die //Kharas-streek kry hulp om hulle eie inkomste te genereer

Sewe inwoners van die ||Kharas-streek het toerusting ter waarde van 67 00 Namibiese doller van die Namibiese Ministerie van Geslagsgelykheid en Kinderwelsyn ontvang om ‘n inkomste vir hulself te genereer. Die toerusting is vir projekte soos naaldwerk, sweiswerk, kuns, drukwerk en boedery.