Verskeie hoofroetes in hoofstad word opgeknapAugust 8, 2023
Stad Windhoek maan daar gaan padwerke op sekere roetes wees vanaf 14 Augustus en dit sal duur tot middel Desember. Die herseëling van strate sluit in Onafhanklikheids-rylaan, tussen Ausspannplatz-sirkel en Etnastraat en ook die hele Hosea Kutako-rylaan. Motoriste en voetgangers moet versigtig wees as hulle van die roetes gebruik gaan maak. Stad Windhoek se woordvoerder Celie Kapolo het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.