Verskeie herdenkings vir die week by landbou

Die Namibiese ministerie van landbou, water en grondhervorming vier vandeesweek Wêreldwaterdag en ander dae verwant aan waterkwessies soos Wêreld-vleilandedag. Die dag het ten doel om volhoubare bestuur van varswaterbronne te verseker. Woordvoerder Jona Musheko sê die ministerie bied verskeie aktiwiteite tydens die week aan.