Verskeie akkommodasie-geriewe wen eko-toekennings

Eco Awards Namibia het die afgelope naweek by die toerisme-kongres van die Gasvryheidsvereniging van Namibië verskeie akkommodasie-geriewe met eko-toekennings beloon. Die toekennings word toegeken op grond van eko-vriendelike beginsels. Dit bevorder die oordeelkundige gebruik van hulpbronne deur die gebruik daarvan te verminder, te herwin en te hergebruik vir volhoubare toerisme. Hazel Milne van Eco Awards Namibia sê aan Kosmos 94.1 Nuus wie van die wenners is.