Versigtig vir hoe Halliburton sy kontrakte sluit, sê kenner

Die omstrede energiedienstefirma Halliburton het ‘n kontrak by Rhino Resources gekry om ‘n reeks diepwaterputkonstruksies in Blok 2914A in die Oranje-bekken uit te voer. Hy beplan ook ‘n opstroom verwerkingsaanleg op Walvisbaai en het reeds uitnodigings gerig aan relevante partye vir ‘n rits moontlike plaaslike dienste. Halliburton het na die Deepwater Horizon oliestorting in 2010 buite die hof geskik nadat hy gedagvaar is. Sy konstruksie het na bewering die ramp veroorsaak, saam met nalatigheid deur BP. Halliburton is ook van oorlog-winsbejag in Irak beskuldig omdat hy reuse-kontrakte ontvang het beide tydens en na die oorloë daar, glo met hulp uit die Withuis. Kosmos 94.1 Nuus het reaksie gekry van Rob Parker, ‘n medewerker by die Trust vir Ekonomiese en Sosiale Geregtigheid.