Versigtig vir brande in en om die hoofstad

Die meeste veldbrande word deur mense veroorsaak en kan ook deur mense voorkom word. Weens die droogte is daar vanjaar baie droë gras wat ‘n vuur vinnig in ‘n groot, onbeheerbare veldbrand kan verander. Daarom waarsku die Stad Windhoek inwoners in brandgevaar-gebiede om vooruit te beplan en veldbrande in en om die stad te voorkom. Harold Akwenye, korporatiewe kommunikasiebestuurder by die Stad Windhoek het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.