Versigtig op B4: Woestynperde wei langs die padJanuary 28, 2023

Daar word ‘n beroep op besoekers aan die Sperrgebiet in die verre Suide van die land gedoen om uiters versigtig te bestuur op die B4-roete. Gondwana Lodges sê Garub het reën ontvang, ongeveer 3 tot 5 mm en die woestynperde wei langs die teerpad opsoek na die groen gras. Bestuurders moet ‘n oog uit hou vir hulle langs die pad en versigtig wees.