‘Versigtig met uitgebreide kraamverlof’

Reaksie word ontvang op die kwessie van vaderskapverlof in Namibië. Die lynminister Albert Kawana het sy bedenkinge uitgespreek veral wanneer mans verskeie vroue swanger maak en stel eerder voor dat kraamverlof vir moeders verleng moet word. Hy sê mans wat verskeie kinders het sal aanmekaar in aanmerking vir verlof kom wat uitdagend kan raak. Volgens die voormalige sekretaris-generaal van die Namibiese Werkgewersvereniging Tim Parkhouse moet die saak baie goed ondersoek word omdat dit die kostes vir werkgewers verhoog. Hy verduidelik.