Versigtig met krediet en Swart Vrydag

Die Nasionale Kredietreguleerder in Suid-Afrika het verbruikers aangemoedig om hulle besteding dop te hou op Swart Vrydag. Die reguleerder waarsku teen die gebruik van krediet vir winskopies en wys op ‘n toename in mense wat as gevolg daarvan ‘n nadelige kredietrekord kry. Jimmy Golele van die reguleerder beklemtoon die belangrikheid van verantwoordelike besteding en om verdere skuld te vermy te midde van ekonomiese onsekerheid: