Versigtig met feestyd besteding

Die feestyd is ‘n kans vir Namibiërs om ‘n verdiende vakansie te neem na ‘n lang jaar van harde werk. Normaalweg word daar na verskillende eindpunte binne en buite die land gereis, maar hoë prysstyging in noodsaaklikhede soos brandstof en sommige voedselitems maak dit moeilik vir baie mense om met vakansie te gaan. Die ekonoom Cons Karamata het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê Namibiërs met reisplanne moet die heropening van skole na die vakansie in gedagte hou, asook die langtermyn-uitwerking van onsekerheid in the globale ekonomie.