Versekeringsorganisasie se jaarvergadering in hoofstad
Die 50ste Afrika Versekeringsorganisasie en Algemene Jaarvergadering het by Mercure Hotel in Windhoek plaasgevind. Die tema was “Die hantering van stygende natuurrampe regoor Afrika”. Ongeveer 75 lande uit verskeie sektore soos banke en versekeringsmaatskappye, het die geleentheid bygewoon. By die geleentheid het die eerste minister, Saara Kuugongelwa-Amadhila die skare toegespreek en sê die regering sukkel al jare lank om sy eie versekeringsmaatskappy te stig.