Versekeringseise stroom in weens stormweer

Voorste korttermynversekeraar, Santam, beleef ‘n toename in eise, met 160 wat ingestroom het binne 48-uur weens die gure weer in die Wes-Kaap. Stormsterk wind en brande het wydverspreide skade aangerig in Stellenbosch en Vishoek, met stormskade in verskeie dele soos die Paarl, die Strand en Muizenberg. Die maatskappy het assessore uitgestuur na die gebiede wat geraak is om die omvang van die skade te bereken. Die hoof van nie-voertuigeise Rowland Ramalingam raai die publiek aan om die nodige voorbereidings te tref met uiterste weerstoestande wat toeneem.