Versekering – inkomste daal, eise terug na vlakke voor Covid

Doodseise by versekeringsmaatskappye is weer op vlakke soos in 2019, voor die Covid-19-pandemie begin het. Volgens verskeie lewensversekeringsmaatskappye het sakevolumes swakker as verwag presteer. Die uitvoerende hoof van Momentum, Hillie Meyer, is van mening die onlangse druk op die volume van verkope wek kommer. Hy sê ʼn verlaging in verdienste is die gevolg van ʼn verlaging in beleggings: