Verregses op koers vir oorwinning in Duitsland

Duitsland se anti-immigrasie Alternatif für Deutschland, AfD, vier ‘n “geskiedkundige sukses”, met die verregse party op koers vir ‘n groot oorwinning in die oostelike deelstaat Thüringen. Die AfD sal 32,9 persent van die stemme wen, volgens ‘n projeksie vir die openbare uitsaaier ARD. Dit is nege punte voor die konserwatiewe CDU, en ver voor Duitsland se drie regerende partye, die Sosiaal-Demokrate, die Groenes en die liberale FDP. Die uitslag sal die verregses sy eerste stemoorwinning in ‘n staatsparlement gee sedert die Tweede Wêreldoorlog. Die AfD is ook kort agter die CDU in die verkiesing in Sakse.