Verplegingsraad pas voorskrifte plaaslik aan

Die Verplegingsraad van Namibië het streng voorskrifte ingestel wat studente-innames by alle goedgekeurde opvoedkundige instellings tot 50 studente per kampus per jaar beperk. Daarbenewens het die Raad ‘n moratorium op die opening van nuwe Verpleeg- en Verloskundekampusse ingestel, behalwe dié wat reeds goedgekeur is maar nog nie in werking is nie. Die goedkeuring van nuwe voorgraadse opleidingsprogramme vir verpleegkundiges en vroedvroue is tot verdere kennisgewing opgeskort. Die PDM se skadu-gesondheidminister, Winnie Moongo, het die raad geprys vir hierdie inisiatiewe. Kosmos 94.1 Nuus het met Winnie Moongo gesels, wat verduidelik.