Oud-Pakistanse premier op borgtog vrygelaat
Die hooggeregshof in Pakistan het beveel dat die voormalige eerste minister en krieketheld Imran Khan vrygelaat word. Die hof het borgtog van twee weke aan hom toegestaan, en sê Khan se inhegtenisneming in verband met aanklagte van korrupsie vroeër die week, is onwettig. Die aanklagte van korrupsie is egter nog geldig. Daar is ook ‘n bevel uitgereik dat hy nie voor 17 Mei weer in hegtenis geneem kan word nie.