Vernietiging van Amasone-reënwoud in Brasilië gekeer

Die ontbossing van die Amasone-reënwoud in Brasilië het in April met 68 persent gedaal in vergelyking met die vorige jaar. Die syfers is goeie nuus vir die president, Luiz Lula da Silva, omdat dit die eerste noemenswaardige daling is sedert hy aan bewind gekom het. Hy het verlede jaar in die aanloop tot sy verkiesing onderneem om ‘n einde te maak aan ontwouding, ná jare van vernietiging van die reënwoud onder sy voorganger, Jair Bolsanaro. Da Silva het gesê dit is belangrik dat sy regering nie net praat oor die beskerming van die omgewing nie, maar dat daar sigbare resultate moet wees. Hy het onderneem dat ontwouding teen 2030 beëindig sal wees.