Vermoorde twee-jarige seuntjie van Otavi geïdentifiseer

Die vermeende moordenaar van ‘n twee-jarige seuntjie is in hegtenis geneem en sal die week in die Otavi-landdroshof verskyn. Die seuntjie wat na bewering Sondag op Otavi deur sy ma se 20-jarige kêrel vermoor en begrawe is, se liggaam is in ‘n vlak graf onder ‘n bos gevind. Die oorledene is as Dickson Gaeseb geïdentifiseer. Die verdagte het glo die oorledene se liggaam in ‘n asdrom vervoer voor hy onder klippe begrawe is. Volgens die Namibiese polisie is Gaeseb se liggaam na die Otjiwarongo-lykshuis geneem om ‘n nadoodse ondersoek uit te voer.