Vermiste Golden Retriever gevind waar hy in die see swem

Na ‘n waterredding deur die staatspolisie van New Jersey in die Verenigde State, is Chunk, ‘n pragtige drie-jarige Golden Retriever wat vir bietjie meer as twee weke vermis was, met sy familie herenig.

Beamptes Ryan Koehler en Vincent Ferdinandi van die Point Pleasant-stasie was besig om gereed te maak om hul skof te begin toe hulle ‘n klag gekry het van ‘n hond wat in Barnegatbaai swem.

Chunk, was vir bietjie meer as twee weke lank weg en was gesien waar hy vir meer as 3.2 kilometer geswem het in die see. Nodeloos om te sê, was die swemmer verheug om uiteindelik met sy eienaars te herenig.

Foto: Verskaf