Vermeende Trump-skieter vra om verskoning aan wêreld in brief

Ryan Routh, wat beskuldig word van die oënskynlike sluipmoordpoging op Donald Trump by ‘n gholfbaan in Florida, het in ‘n nota gesê dat hy van plan was om Trump dood te maak. Hy het ook in sy motor ‘n handgeskrewe lys van datums en plekke gehou waar Trump sou verskyn, volgens die justisie departement. Aanklaers het die nota ingedien as deel van ‘n liassering waarin aangevoer word dat Routh in aanhouding moet bly terwyl hy verhoorafwagtend is op twee vuurwapenaanklagte. Mark Stone, SkyNews se korrespondent in Amerika, het meer.