Vermeende stropers, Namibiërs, sal Maandag verskyn

Daar is meer inligting bekend oor die wrede geval van stropery naby Dordabis. Twee Namibiese mans is in hegtenis geneem is nadat hulle twee swartrenosters, ‘n koei en haar kalf, gestroop het. Die kalfie was ‘n skamele vier dae oud en is met ‘n byl doodgemaak. Die polisiewoordvoerder, adjudant-offisier Silas Shipandeni sê die twee sal Maandag in die hof verskyn.