Vermeende steenkooldiewe in Mpumalanga vasgetrek
‘n Steenkool-vragmotorbestuurder en sy toesighouer is in hegtenis geneem vir steenkooldiefstal by Eskom se Matla-kragstasie in Mpumalanga. Daar is bevind dat die bestuurder in besit was van sub-standaard-steenkool wat vir die aanleg bestem is. Volgens Eskom se woordvoerder, Sikonathi Mantshantsha, het die steenkoolruiling na bewering by ‘n bekende onwettige steenkoolwerf in die gebied plaasgevind. Hy sê die verdagtes sal op 13 Desember in die hof verskyn vir ‘n formele borgtogaansoek.