Vermeende perlemoenstropers in Oos-Kaap vasgetrek

Die Oos-Kaapse polisie het agt verdagtes in hegtenis geneem vir die onwettige besit van perlemoen. Daar is op meer as 2 000 stuks perlemoen met ‘n geraamde waarde van 350 00 Suid-Afrikaanse rand beslag gelê. Volgens die polisiewoordvoerder, Priscilla Naidu het die polisie ‘n wenk ontvang oor perlemoenstropers wat tussen Humansdorp en St. Francisbaai bedrywig is. Die verdagtes, waarvan ‘n paar gevlug het, is in bosse opgespoor waar die polisie ook op duiktoerusting afgekom het.