Vermeende parlement-brandstigter weier om uit sy sel te kom

Die vermeende brandstigter van die parlement in Kaapstad, Zandile Christmas Mafe, het weer geweier om uit sy sel in Pollsmoor-gevangenis te beweeg om die voorverhoorverrigtinge by te woon. Hierdie keer het hy geen redes verskaf en geen eise gestel nie, net geweier om uit sy sel te kom. Volgens die aanklaer, Mervyn Menigo, het tronkbeamptes probeer om hom te oorreed om uit te kom, maar hy het geweier. ‘n Woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, Eric Ntabazalila, sê dit is die derde keer dat hy soortgelyke gedrag toon.