Vermeende parlement-brandstigter borgtog geweier
Borgtog is geweier in die hooggeregshof in Kaapstad aan die vermeende brandstigter van die parlement, Zandile Christmas Mafe. Hy het weer om borgtog aansoek gedoen nadat twee regters sy aansoek verlede maand in ‘n verdeelde uitspraak geweier het. Mafe se regsverteenwoordiger het aangevoer sy borgtogaansoek moet heroorweeg word aangesien hy onder eed beken het hy is gedwing om ‘n vals verklaring af te lê. Twee van die drie regters het beslis hy moet agter tralies bly. Hy is in hegtenis geneem kort nadat groot skade aan die begin van die jaar aan die parlementêre gebou aangerig is.