Vermeende Lifman-skieter was lid van SAPD-taakspan
Die polisie het bevestig dat een van die mans wat met die moord op die bendebaas Mark Lifman verbind word, ‘n lid van die polisie se spesiale taakspan was. Johannes Hendrick Jacobs en Gert Johannes Bezuidenhout het vlugtig in die George-landdroshof verskyn op aanklagte van moord met voorbedagte rade. Die 57-jarige Lifman is Sondag by die Garden Route-winkelsentrum doodgeskiet. Die Wes-Kaapse polisiekommissaris, Thembisile Patekile, sê nog arrestasies is moontlik aangesien die ondersoek voortduur: