Vermeende kripto-kroeks kom weer Maandag voor

Die groep beskuldigdes wat op 5 Oktober in verband met ‘n kripto-bedrogspul in die luukse voorstede van Klein Windhoek en Auasblick in hegtenis geneem is, sal weer Maandag in die hof verskyn. Hulle word daarvan verdink dat hulle deel vorm van ‘n sindikaat wat Amerikaners en Europeërs geteiken het met kriptobates en staar meer as 200 klagte in die gesig. Daar is buitelanders, onder andere, Chinese burgers onder die groep beskuldigdes. Die polisie se forensiese eenheid is tans besig om te bepaal hoeveel geld betrokke is. Vrae word weer gevra oor die wysheid om Chinese burgers visum-vry toegang tot Namibië vir 30 dae te gee.