Vermeende ivoor-smokkelaars verskyn weer

Die drie mans wat vroeg in Desember gevang is met 39 olifanttande sal weer vandag en môre in die hof in Katima Mulilo verskyn. Die drie mans is Nyambe Calvin Matomola, John Mwelwa en Nziye Lusinyize het in die Katima Mulilo-landdroshof verskyn nadat hulle in besit van 39 olifanttande gevind is. Matomola sal môre verskyn en Mwelwa en Lusinyize verskyn vandag. Romeo Muyunda, woordvoerder van die omgewingsministerie, het gesê Matomola is saam met sewe ander Zambiese burgers in besit van 24 olifanttande gevind met Mwelwa en Lusinyize wat in besit van 15 olifanttande by Namandumo-dorpie in die Malengalenga-omgewing gevind is. Volgens Muyunda is die operasie deur intelligensie gelei in die agtervolging van ‘n sindikaat van Zambiese burgers wat besig was met transnasionale stropery van olifante in die naburige Botswana, wat die Zambezi-streek as deurgang gebruik.