Vermaaklikheidsbedryf herstel in Namibië
Die vermaaklikheidsbedryf in Namibië is besig om te herstel nadat hulle swaar deur die Covid-pandemie getref is. June Shimuoshili, ‘n vermaaklikheidsjoernalis in Namibië, is van mening dat die bedryf reeds in die tweede maand besig is. Sy is optimisties dat die bedryf vanjaar beter as verlede jaar sal groei. Met 500 persone wat nou by openbare byeenkomste toegelaat word het klubs en byeenkomste al gaste van ander lande uitgenooi om voor vol gehore op te tree. Shimuoshili gesels met Kosmos 94.1 Nuus.