Verlore borgskap, swak stadions ‘is regering, sokkerfederasie se skuld’

Heineken het deur Namibia Brouerye hul borgskap van die Brave Warriors gestaak, omdat hulle nie hul tuiswedstryde in Namibië se vervalle stadions kan speel nie. Die borg verloor dus hul volstadion-handelsmerk-advertensies en bierverkope by die terrein. Volgens plaaslike berigte is ‘n gebrekkige verkrygingsproses te blameer dat opknappings aan die Onafhanklikheidstadion in Windhoek nog nie begin het nie. Namibië bied sy internasionale tuiswedstryde in Suid-Afrika aan en plaaslike sokker aanhangers is woedend hieroor. Kosmos 94.1 Nuus het reaksie van die aktivis George Kambala ontvang.