Verligting vir rand, Namibiese dollar, nie binnekort nie

Internasionale nuusagentskappe berig dat die Amerikaanse ekonomie op die oomblik die versterking van die Amerikaanse dollar ondersteun met die geldeenheid wat met 2,5 persent versterk het en tans op sy hoogste vlak sedert Maart is. Die dollar het effe verswak in die afgelope week en is 1,45 persent laer op 19,38 teenoor die rand, maar steeds baie sterk, teen alle verwagtinge en mark vooruitskattings. Ontleders sê die Amerikaanse geldeenheid sal oor die korttermyn baie sterk bly maar, daar is baie beweegruimte omdat die eenheid tans 15 persent hoër is as tydens Covid, sowel as die feit dat die Federale Reserwebank moontlik sy koersverhogings binnekort sal staak wat vraag na die geldeenheid sal demp. Dit behoort verligting vir die Suid-Afrikaanse rand, en Namibiese dollar te bring.