Verligting soos plaaslike toerisme stadig optel

Die uitvoerende hoof van die Gasvryheidsvereniging van Namibië Gitta Paetzold sê hulle is aangenaam verras deur die feit dat die binnelandse reismark vir Januarie ‘n groei van sowat 5 persent getoon het vergeleke met 2019. Paetzold sê dit is ‘n bewys dat Namibiërs ‘n bestendige reiskultuur gevestig het wat bereid is om hul eie land te verken en te geniet. Volgens die toerisme-akkommodasieverslag van Januarie is ‘n algehele kamerbesetting van meer as 37 persent weerspieël, wat byna dubbel die besetting van Januarie 2022 was. Nathalay Ahrens van die Toer- en Reisvereniging van Namibië, sê die plaaslike toerismemark is waardevol, veral as dit nie piek-seisoen is nie.