Verlenging van belasting amnestie bring hoop NamRA sal beter doen

Tydens die middeltermyn-begrotingsoorsig het die finansminister Ipumbu Shiimi ‘n verlenging van twee jaar van die belastingamnestieprogram aangekondig, wat nou op 31 Oktober 2026 sal verstryk. Die amnestie behou sy oorspronklike kwytskelding van rente en boetes indien uitstaande kapitaal teen die nuwe sperdatum ten volle betaal is. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Danny Meyer van SMEs Compete, wat die hoop uitgespreek het dat NamRA sy administrasie sal verbeter, veral na berigte van openbare frustrasies soos om twee uur in die ry te wag om so min as een sent te betaal.