Verlengde kraamverlof in staatdiens is verkiesingsfoefie

Kraamverlof vir staatsdienswerknemers is van 12 tot 14 weke verleng en ‘n “aanvulling”-betaling is ingestel om te verseker dat werknemers hul volle basiese salaris ontvang. Die aanvulling sal die verskil tussen hul gewone salaris en die Maatskaplike Sekerheidskommissie se kraamverlofvoordeel dek. Kosmos 94.1 Nuus het met die plaaslike arbeidskenner Herbert Jauch gesels, wat sê hierdie stap is ‘n poging om stemme in die verkiesing te verseker.